Hierdie is nie ‘n gewone doolhof nie maar ‘n weerspieëling van die lewe, voetslaan van die een lekker storie na die volgende. Soos in realiteit, is daar ook stories waarna jy self moet soek, en … jy word genooi om jou eie stories te maak.
‘n Besoek aan Soekershof is moeilik om te beskryf aangesien dit ‘n persoonlike ervaring is soos ontdek kan word in die “Indepth info” hoofstuk van hierdie webtuiste.
In kort :
Soekershof is die plek waar Klaas Voogds, James Bond en Albert Einstein saamkom ……....
en ..............
Alles wat jy wil weet oor SEKS ………. tussen plante maar nooit durf vra nie
Soekershof Kwekery onderskei homself van ander spesialis-kwekerye deur besoekers te voorsien van goeie kultivars wat aanpas by elke kliënt se spesifieke omstandighede. Soms weier ons om plante te verkoop indien daar enige twyfel bestaan oor die lokale lewensvatbaarheid in die nuwe omgewing.
Vir die haastige besoeker sal die besoek ongeveer 1.5 tot 2 ure duur.
‘n Gemiddelde besoek duur omtrent 3 ure.
Die vetplant kwekery van Soekershof is oop van Woensdae tot Sondae tussen 8.00 en 16.00 uur. Geen toegangsfooi vir kwekery besoekers nie maar wel indien 'n stap en/of begeleide toer gedoen word.
Gesluit op Maandae en Dinsdae en gedurende Julie behalwe wanneer dit op feesdae en vakansie dae val.
Doolhof en tuine besoek: Instruksies (nodig om opdrag in doolhof uit te voer en om die Soekershof konsep te vertstaan) begin op openingsdae om 11 VM en 3 NM. Vanaf 1 Desember tot 1 Maart begin die oggendsessie om 10 VM. Besoekers moet asb 5 tot 10 minute voor elke sessie aanmeld
Toegangsfooi: R 60.00 pp (>12 jr), R 40.00 pp (<12jr)
Word aanbeveel vir volwassenes van omtrent 8 tot 100 jr
Website creation & Maintenance: Robertson Valley Technologies
Photo-assemblings: Inez Lenders, Nijmegen, Netherlands, www.inezlenders.nl
Photo's: Pete Slingsby, Cape Town, SA, www.themaps.co.za
Stéphane Haesaert, Belgium,
Soekershof Walkabout, Robertson